|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die eerste twee vragte mielies van onderskeidelik 40 000 en 60 000 sakkies van Suid-Afrika het Kenia bereik en nog 180 000 sakkies word binnekort verwag. Die invoere is bestem om dié land se reserwes van sowat een miljoen sakkies 'n hupstoot te gee.
Mnr. William Ruto, Kenia se minister van landbou, sê dat voorrade teen sowat 100 000 sakkies per week krimp, maar dat sy land se regering voorsiening gemaak het om te verseker dat niemand wat deur die voedseltekort in Kenia bedreig word honger sal lei nie. Hy meen dat nasionale verbruik tans sowat 100 000 sakkies per week beslaan. 300 000 sakkies sal ook aan diegene in ernstige nood uitgedeel word.
Volgens mnr Samuel Kambi, die voorsitter van Kenia se parlementêre komitee vir die landbou, kos die invoere meer as die pryse wat op die wêreldmark betaal word. Hy wil weet waarom dit die geval is en het diegene wat die graan invoer genoop om die pryse wat hulle betaal bekend te maak. Hy sê dat sy komitee die kwessie ondersoek en enigiemand wat voordeel uit Kenia se voedselnood trek sal dagvaar.
Bron:
Daily Nation
29 Augustus 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24