SA se woluitvoer na China blom

 

Die uitvoer van Suid-Afrikaanse vetwol na China het die hoogte ingeskiet. China is nou op twee na die belangrikste koper van Suid-Afrikaanse wol. Dit volg nadat China die verbod op die invoer van vetwol uit Suid-Afrika in Junie verlede jaar opgehef het. Die verbod is in 2001 ingestel ná die uitbreking van bek-en-klou-seer in Suid-Afrika.

Volgens syfers wat deur Cape Wools bekend gemaak is, is altesame 4,4 miljoen kg vetwol ter waarde van R87,3 miljoen van Augustus verlede jaar tot April vanjaar na China uitgevoer. Die totale waarde van woluitvoer, wat semiverwerkte wol insluit, is R118,2 miljoen. Dit verteenwoordig 17,8 % van die totale waarde van die land se skeersel.

Die ander belangrike kopers van Suid-Afrika se skeersel was Italië (21,2 %) die Tsjeggiese Republiek (18,6 %) en Duitsland (12,4 %).

21 Julie 2006

0