|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die grootste getal lewende varke in die geskiedenis het onlangs van Suid-Afrika na Mauritius gevlieg. Dit is om 'n nuwe bedryf daar te gaan vestig nadat Afrika-varkpes verlede jaar die totale kudde op die eiland uitgewis het.
Kanhym-landgoed, 'n landbou-onderneming met sy hoofkantoor op Middelburg, Mpumalanga, het die vrag van 3 420 varke, wat saam 75 ton geweeg het, plus agt ton voer in kratte in 'n Boeing 747 F na Mauritius gebring. Die besending varke het uit teel- en groeivarke bestaan en die projek het talle uitdagings ingehou, sê dr. Theunis Prinsloo, besturende direkteur van die onderneming.
Die veeleisende administrasie en beplanning wat in 'n beperkte tyd afgehandel is, het gesorg dat die varke foutloos op- en afgelaai is, tydens die vlug goed versorg is en almal lewend en ongeskonde op die eiland aangekom het.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 3 April 2009.
31 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24