|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die terughou van saad deur boere bly een van die belangrikste knelpunte wat die saadbedryf se lewensvatbaarheid knel, sê mnr. Walter Loubser, hoofbestuurder van Sansor.
Gevolglik moes saadmaatskappye drastiese maatreëls instel om hierdie groeiende neiging aan bande te lê. Hoewel dit oor die hele landbouspektrum voorkom, is dit veral belangrik in die sojaboon-, koring- en droëboonbedryf.
Hy het op Sansor se kongres sê lede het die afgelope jaar saad van meer as R2 miljard in Suid-Afrika verkoop, waarin somergraangewasse (77%) die grootste aandeel gehad het, gevolg deur groente (15%), aangeplante weiding- en voergewasse (7%) en blomme (1%).
Geneties gemodifiseerde saad het 81% van alle saadverkope vir katoen uitgemaak, 78% van sojaboonsaad en 42% van mielies.
Landbouweekblad, 23 Mei 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24