|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het in 2007 gemiddeld R1 850 per ton vir Suid-Kaapse
moutgars betaal - minder as 50% van die prys van goeie ingevoerde moutgars.
Toe Landbouweekblad middel-Desember met mnr. Leon Groenewald, voorsitter van
die nasionale en Suid-Kaapse garsbedryfskomitee, gepraat het, was die invoerpariteitsprys
vir goedkoop outgars ongeveer R3 000 per ton. Dié van puik Europese moutgars,
wat allerweë as die standaard aan plaaslike garsprodusente voorgehou word, was omtrent
R4 000 per ton.
"Die SAB kry vanjaar 'n groot winskoop," het Groenewald
gesê.
Die SAB koop jaarliks sowat 200 000 ton moutgars van boere in die Suid-Kaap (70 %) en
die noordelike besproeiingsgebiede.
Groenewald sê die garsoes was goed ten opsigte van grootte
en gehalte. "Die stikstof was laag, maar die garsgehalte is eenvormig, wat regstellings vergemaklik."
Die garsprys bestaan uit R1 700 per ton plus 'n premie wat volgens 'n glyskaal bereken
word. Boere wat ander grane produseer is uitgelewer aan gebeure op wêreldmarkte en moet
met die soet en suur van onsekere prysstygings en -dalings saamleef. Die moutgarsprys
word egter jaarliks deur konsensus vasgestel.
Die SAB probeer om 'n prys vir plaaslike gars vas te stel wat die beste passing ("best fit") is
van die invoerpariteitsprys van gars (minus 'n afslag), die prys wat die SAB meen plaaslike
boere vir maalkoring sal kry (plus 'n premie) en die koste om die gars te produseer. In 'n onderhoud
verlede jaar met mnr. Charles Coe, handelsbestuurder van broumateriaal by SAB Miller,
het hy erken dit is nie regtig 'n proses van bedinging of onderhandeling
nie. Hulle probeer om konsensus te bereik, maar op die ou end maak die SAB 'n
aanbod aan produsente.
prysvasstelling bly 'n turksvy en heelparty ander metodes
is al geopper en bespreek, maar nie in werking gestel nie.
Boonop is die SAB se verweer dat die garsprys van 2007 wel
wêreldpryse, wat ten tye van die vasstelling gegeld het, weerspieël.
Die situasie word dalk ten beste opgesom deur iemand uit bouery-geledere. Mnr. Willem
Bosman, hoofbestuurder van SABMiller se vermoutingsaanleg op Caledon, het in September
by die Megaweek sy persoonlike opinie gelug, naamlik dat enigeen wat dink 'n vryemarkstelsel
geld in die garsbedryf, in 'n "droomwêreld" leef.
"Net een koper, die gebrek aan 'n sekondêre afsetgebied vir gars en prysbepaling aan die
hand van ingewikkelde berekeninge is nie kenmerke van 'n vryemarkstelsel nie."
Landbouweekblad, 4 Januarie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24