Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Sasol-wil-sojas-invoer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sasol wil soja's invoer

 
Deur AINSLEY MOOS

Verteenwoordigers van die landbou sê hulle sal Sasol se aansoek aan die Regering steun om die invoertarief op sojabone te verlaag, maar verwerkers sê hulle sal ook voordeel daaruit wil trek.


Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) het verlede maand 'n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer wat Sasol se aansoek bevat. In die kennisgewing sê Sasol hy oorweeg die vestiging van 'n biodiesel-aanleg. "Tans is sojaboonproduksie onvoldoende in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie vir die vestiging van 'n aanleg," lui die aansoek onder meer.


Mnr. Neels Ferreira, Graan Suid-Afrika se voorsitter, sê sy organisasie steun Sasol se aansoek omdat daar nie "oornag van plaaslike produsente verwag kan word om sojaboonproduksie te verhoog nie". Die land produseer tans sowat 410 000 ton sojabone, terwyl bespiegel word dat Sasol ongeveer 600 000 ton wil pers.


Ferreira sê Graan SA se siening was nog altyd om die binnelandse mark vir graan en oliesade te vergroot. Die vestiging van 'n biobrandstofbedryf bied boere 'n bykomende mark vir hul produkte. "Ons wil hê die biobrandstofbedryf moet van die grond af kom." Hy sê wel Graan SA sal wil sien dat die tarief later verhoog soos plaaslike produksie toeneem en dus plaaslike produsente beskerm.


Sasol se aansoek sluit nie 'n verlaging van die tarief op soja-oliekoek in nie en die afleiding word gemaak dat hy 'n mark vir soja-oliekoek, 'n byproduk van soja, wil skep. Die invoertarief op soja beloop tans 8 % en op sojakoek 6,6 %.


Mnr. De Wet Boshoff, hoofbestuurder van die Vereniging van Veevoer-vervaardigers (Afma), sê hy sou graag wou sien dat laer tariewe die groter ekonomie moet bevoordeel. Hy sê soja-oliekoek is 'n belangrike proteïen in die vervaardiging van veevoer en dat die land vir die jaar tot einde Maart 640 000 ton soja-oliekoek ingevoer het. Plaaslik is sowat 200 000 ton soja-oliekoek vervaardig. Volgens Boshoff bestaan die gevaar dat Sasol die voordeel wat hy op die invoer van sojabone geniet, kan gebruik om in die veevoermark betrokke te raak en selfs 'n prysvormer in dié mark te word. Volgens hom sal Afma in die verband 'n brief aan die ITAC rig.


Mnr. Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van die Proteïennavorsingstigting (PNS), sê sy organisasie steun Sasol se aansoek omdat hy veral wil sien dat meer soja-oliekoek plaaslik vervaardig word. Volgens hom beywer die PNS hom vir groter afhanklikheid van plaaslik vervaardigde proteïen en dat minder ingevoer word.


11 Augustus 2006

0
 
 
  • 1875 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Jong boer se rede vir welslae
  • SA en Australië deel SKA-projek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction