Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Satelliet-kan-heelwat-vir-boere-beteken

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Satelliet kan heelwat vir boere beteken

 
MALIXOLE GWATYU

'n Tweede satelliet wat deur die Universiteit van Stellenbosch (US) gebou gaan word, kan groot voordele vir Suid-Afrikaanse boere inhou.

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het saam met die US en Sunspace & Information Systems die projek bekend gestel. Dit is die eerste satelliet wat vir die Suid-Afrikaanse Regering gebou gaan word.

Volgens mnr. Bart Cilliers, uitvoerende hoof van die maatskappy Sunspace, kan die satelliet boere 'n voorsprong op internasionale markte gee.

''Suid-Afrikaanse boere ding onder meer met lande, soos Chili, mee. 'n Mens sal byvoorbeeld deur middel van die satelliet oeste kan monitor. Dit sal beteken dat die boer sal weet wanneer sy oes vir uitvoer gereed is," het hy gesê.

Hy wys daarop dat die satelliet meer omvangryke opnames oor droogtes, vloedskade, waterreserwes of veegetalle kan doen. ''Tans moet iemand in 'n motor klim en rondry om die opnames te doen. Dit kan tydrowend wees. Met die satelliet sal dit meer wetenskaplik gedoen word," het Cilliers beklemtoon.

Die satelliet sal deur die gebruik van beelde opnames doen wat dan deur kenners geïnterpreteer sal word. Volgens Cilliers sal inligting van die satelliet na 'n sentrum buite Pretoria gestuur word, waar dit verwerk en onder meer aan die landbou beskikbaar gestel sal word.

Die projek volg ná die groot sukses wat die US in 1999 met sy voorganger behaal het. Die eerste Sunsat-satelliet is destyds deur Nasa gelanseer.

Sowat R26 miljoen gaan deur die onderskeie belanghebbendes oor die volgende drie jaar in dié projek belê word.

Mnr. Mosibudi Mangena, Minister van Wetenskap en Tegnologie, sê die satelliet sal as 'n navorsingstuig dien om Suid-Afrika van inligting te voorsien om beter waarnemings van die aarde te doen.

Die satelliet sal in die tweede helfte van volgende jaar — waarskynlik van 'n duikboot in Rusland — gelanseer word.

Volgens prof. Chris Brink, rektor van die US, het Suid-Afrika reeds twee wonderwerke (ten opsigte van die demokrasie en sy ekonomie) bereik en dat dit nou dit die wetenskap se beurt is.

Die nuwe satelliet is relatief klein en bekostigbaar en sal elke vier dae oor dieselfde plek beweeg.

14 Oktober 2005

0
 
 
  • 1561 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • news demo pic
  • Jong boer tref die oog
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction