Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Senwes-bemagtig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Senwes bemagtig

 
AINSLEY MOOS

Die landboumaatskappy Senwes het die voorbeeld gestel met 'n bemagtigingstransaksie wat wegdoen met die verskoning dat maatskappye sukkel om te transformeer omdat volhoubare swart sake-ondernemings in die landbou nie bestaan nie.

Die maatskappy het verlede week aangekondig 27 % van die aandele wat Senwesbel (die beherende maatskappy) in Senwes (die bedryfsmaatskappy) besit, word verkoop aan 'n bemagtigingskonsortium.

Die Bafokeng-konsortium bestaan eerstens uit die ryk en invloedryke Royal Bafokeng-stam van Noordwes deur middel van hul beleggingsmaatskappy, Royal Bafokeng Finance, met 'n belang van 55 %. Treacle, 'n private finansieringshuis in swart besit, se belang is 35 %. Mnr Oupa Magashula, Senwes se enigste swart direksielid, besit die oorblywende 10 %. Magashule is sedert Oktober 2003 'n nie-uitvoerende direksielid en was tot onlangs Telkom se hoof van menslike hulpbronne. Die transaksie bemagtig op 'n breë grondslag omdat die Bafokeng-stam sowat 300 000 lede het.

Die transaksie beloop R122,7 miljoen (gelykstaande aan R2,50 per aandeel) en word per kontant gedoen.

Mnr. Johan Dique, Senwes se besturende direkteur, het gesê die transaksie het geen uitwerking op die maatskappy se bedrywighede nie omdat die aandele vanaf die beherende maatskappy gekoop word. Geen finansiële bystand word aan die konsortium gegee nie en die transaksie hou ook geen ekonomiese koste vir Senwes in nie.

Volgens hom bied die transaksie verskeie voordele aan die maatskappy, waaronder die potensiële toetrede tot nuwe markte en die ontginning van nuwe groeimoontlikhede deur vennootskappe. Byvoorbeeld, meulenaars en verwerkers kan Senwes nou as 'n voorkeurverskaffer sien van wie hulle graan kan koop.

'n Onmiddellike voordeel vir aandeelhouers is dat Senwes onderneem om 'n spesiale dividend van 20c per aandeel te verklaar as deel van sy bestaande waarde-onsluitingsprys. Die maatskappy het nie 'n dividend verklaar toe hy sy resultate vir die ses maande tot einde Oktober bekend gemaak het nie. Lae graanpryse en graanboere se laer koopkrag het meegebring dat sy omset gedaal en sy voorbelaste wins gehalveer het.

Die maatskappy het vir die ses maande tot einde Oktober 'n omset van R2,063 miljard gehad teenoor R2,795 miljard in die ooreenstemmende tyd in 2004. Die voorbelaste wins was R86 miljoen vergeleke met R172 miljoen in die vorige ooreenstemmende tydperk. Op 'n vergelykbare basis beloop sy netto wins in die oorsigtydperk R72 miljoen vergeleke met R52 miljoen in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die maatskappy het wel sy balansstaat in die oorsigtydperk versterk deurdat sy eie kapitaalverhouding nou 51 % beloop teenoor 43 % teen die jaareinde.

16 Desember 2005

0
 
 
  • 1665 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Jabuticaba
  • SAPV stig organisasie vir kleiner boere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction