|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Senwes het aangekondig dat hy sewe van sy handelswinkels, oorwegend in die Vrystaat, in 'n herstruktureringproses gesluit het.
Dit sluit in die winkels in Brandfort, Hennenman, Lagerskraal, Lindley, Steynsrus, Tierfontein en Vredefort.
Die maatskappy sê in 'n verklaring 12 winkels was aanvanklik vir sluiting geoormerk. Die vyf wat nie gesluit is nie, is óf as lopende sake verkoop óf word nou volgens 'n aangepaste sakemodel bedryf. Dit volg ná onderhandeling met betrokke boerekliënte, personeel, vakbonde en moontlike kopers.
Net sowat 40 van 'n beraamde 170 personeellede is uiteindelik geraak, terwyl die res elders in Senwes geplaas is.
Die handelswinkels in Smithfield, Edenburg en Dewetsdorp is as lopende sake aan OVK verkoop, terwyl die Dealesville-winkel aan BKB verkoop is. Die Petrusburg-winkel verkoop nou net belangrike boerdery-produksiemiddele.
In die plek van die winkels wat in Tierfontein en Vredefort gesluit is, is Senwes-depots gevestig waar sleutel-produkte en -dienste steeds aan klante gelewer word.
Mnr. Frans du Plessis, Senwes se hoofbestuurder van handel, sê die herstrukturering was noodsaaklik weens 'n krimpende landboumark die afgelope paar jaar, asook "verskeie makro-ekonomiese faktore wat die totale ekonomie raak".
14 Oktober 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24