|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Departement van Landbou gaan landwyd werksessies hou om belanghebbendes in te lig oor die amptelike reëlings wat van toepassing op landbouprodukte met 'n plantaardige oorsprong, wat vir die uitvoermark bestem is.
Die inligtingsdae het betrekking op vars, bevrore en ingelegde vrugte en groente, gedroogde vrugte, grondboontjies, graan asook rooi- en heuningbostee. Boere, verpakkers, verwerkers en uitvoerders word na die geleenthede genooi.
In die Oos-Kaap sal die eerste inligtingsdag op 16 November op Fort Beaufort gehou word, gevolg deur Patensie (17 November), Kirkwood (18 November) en Port Elizabeth dieselfde middag.
Op Hartswater en die Noord-Kaap sal daar ook op 17 November 'n vergadering wees en in Pretoria op 23 November in die ou Mielieraad-gebou. Vir meer inligting kan mnr. Steve Galane by sel 083 635 7346 gebel word.
Al die sessies begin om 10:00.
19 November 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24