|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Beskrywingspunt van die Agtersneeuberg landbouvereniging dat BTW op rooivleis afgeskaf moet word, is eenparig op die nasionale RPO-kongres aanvaar.
Mnr. Louis Ferreira, die inleier, het gesê weens die grootskaalse armoede in die land behoort die BTW op rooivleis afgeskaf te word. "Daar is geen BTW op groente en meel nie, maar wel op vleis wat ook as 'n stapelvoedselsoort beskou kan word."
Volgens Ferreira het medici bevind dat net 100g biltong meer spierkrag en die opbou van immuniteit verseker, as 'n dosis kreatien wat sportmanne vir dié doel gebruik.
"Pres. Thabo Mbeki sê gereeld dat goeie kos die belangrikste teenvoeter vir HIV/vigs is. Die proteïenbron wat ons lewer, is dus van groot belang in die bestryding van dié siekte," het hy bygevoeg.
30 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24