|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Onwettige watergebruik gaan uitloop op verpligte lisensiëring, waarsku 'n woordvoerder van die Departement van Waterwese.
Dié departement gaan met inspeksies in drie wateropvanggebiede begin om onwettige watergebruikers vas te vat. Hierdie gebiede strek oor vier provinsies.
Die drie gebiede is die Olifants-opvangsgebied (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo), die Komati-opvangsgebied in Mpumalanga en die Mhlatuze-opvangsgebied in KwaZulu-Natal.
Volgens die departement is daar kommer oor die omvang van dié gebruik en sal inspeksiedienste uiteindelik uitgebrei word na ál die opvanggebiede.
Daar word aanvanklik gefokus op gebiede wat kwaai onder stres is.
Daar sal gekyk word na watergebruik in die landbou, sowel as industriële en huishoudelike gebruik.
Die ondersoeke is nie beperk tot oppervlakte gebruik nie, maar ook grondwatergebruik.
Volgens die departement is dit duidelik uit dele van die Olifants- en Komatirivier se vloei dat oormatige gebruik plaasvind.
"Die Middelburg-, Witbank- en Bronkhorstspruitdam presteer al die laaste vyf jaar nie na wens nie en boere wat suiker en subtropiese gewasse in die Komati-opvangsgebied verbou, ondervind 'n tekort.
"Hoewel die Goedertroudam in die Mhlatuze-opvanggebied nie te sleg presteer nie, is dit duidelik dat te veel water toegeken is met betrekking tot beskikbaarheid. Dit is hoofsaaklik weens 'n verandering in landgebruik van natuurlike na bewerkte gebied."
22 April 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24