|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Sowat 1 500 bokke en skape gaan weer vanjaar te sien wees op die jaarlikse wêreldskou wat van 30 April tot 3 Mei in Upington gehou word. Dit val saam met die jaarlikse Upington-ekspo.
Dié groot skou, wat vertoners van oor die hele Suid-Afrika en Namibië lok, sluit die wêreld-kampioenskap van Boerbokke, Kalahari Reds, Savannabokke en Van Rooy-skape in. Besoekers van Australië en Amerika het hierdie skou die afgelope twee jaar bygewoon.
Die skou word op Vrydag 4 Mei gevolg deur 'n groot veiling van die diere wat op die skou vertoon is.
Landbouweekblad, 30 Maart 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24