Smouse opgelei

 

Die Tshwane Varsproduktemark gaan smouse die geleentheid bied om verskeie kursusse in die hantering van vars produkte by te woon. Die mark poog daarmee om die winsgewendheid van hul ondernemings te verbeter.

Die kursusse word deur die Landboubesigheidskamer ondersteun en deur QC Fresh aangebied.

Lede van die varsproduktemark se informele handelaarsklub sal sertifikate ontvang ná die kursusse. Dié kursusse handel oor produkkennis, na-oes hantering, voedselveiligheid en basiese sakebeginsels.

Die kursusse sluit praktiese voorbeelde in, soos die nadelige uitwerking van langdurige blootstelling van die son op die gehalte van groente en vrugte.

19 Mei 2006

0