|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Verteenwoordigers van meer as 20 Amerikaanse landbou-ondernemings besoek Suid-Afrika begin November om handel en beleggings in Suider-Afrika te bevorder.
Dié geleentheid vir sake-kontak word deur die Amerikaanse departement van landbou gereël en me. Ellen Terpstra, buitelandse administrateur van landbou-dienste, lei die afvaardiging. Verteenwoordigers van sektore, soos droë kruideniersware, verwerkte vrugte en neute, bevrore voedsel, seekos, prosesseringstegnologie en konsultasiedienste vir die verwerking van landbouprodukte is by die afvaardiging ingesluit.
Landbou-ondernemings in Suider-Afrika wat die kontakgeleentheid benut, sal meer kan leer oor Amerikaanse kredietgeriewe, handelsvoordele binne die wetgewing vir groei en geleenthede in Afrika (Agoa) en hoe om met Amerikaanse maatskappye sake te doen.
Amerika het in die eerste sewe maande van 2005 meer as R5,7 miljard se landbou-, vis- en bosbouprodukte van lande in Afrikalande wat lede van Agoa is, ingevoer. Dit is 10 % meer as die vorige jaar. Van die grootste invoere sluit in vars vrugte, wyn, vervaardigde houtprodukte, seekos en kakao.
Terselfdertyd het Amerika meer as R4,6 miljard se landbou-, vis- en bosbouprodukte na die betrokke Afrikalande uitgevoer. Die belangrikste produkte is koring, rys en kookolie.
Landbou-ondernemings van Angola, Botswana, Lesotho, Madagaskar, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland wat wil deelneem, kan 'n e-pos stuur aan me. Noni Torrent by torrent@iafrica.com.
28 Oktober 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24