|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Solidariteit se voedselmandjie by Spar, Checkers en Pick 'n Pay het met 5,5% oor die afgelope vier maande gestyg.
Mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, meen dat Omo-waspoeier, Ricoffy-koffie en Clover-volroommelk die grootste prysstygings in die afgelope vier maande getoon het. Omo se prys het met 'n gemiddelde 21,1% gestyg, en Ricoffy en Clover-melk het onderskeidelik met 14,5% en 19,3% gestyg.
Daar word sedert Januarie 2009 by spesifieke winkels van Spar, Pick 'n Pay en Checkers prysstudies gedoen. Die produkte wat studeer word was in die afgelope vier maande op 'n spesiale aanbieding. Daar is 'n lys van 25 produkte saamgestel vir dié voedselmandjie. Volgens die studie is Pick 'n Pay steeds die goedkoopste winkel vir dié spesifieke mandjie.
4 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24