|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Nuwe swerms sprinkane is fluks aan die uitbroei danksy goeie reën in die Boesmanland, Namakwaland en die Karoo. Dit kom kort op die hakke van die vernietigende plaag wat vroeër vanjaar uit dié gebiede tot diep die Vrystaat in getrek het en groot skade aan gewasse aangerig het.
Toe het sprinkaanbeamptes gewaarsku dat 'n erger opvolgplaag kan uitbreek as dit reën en al die eierpakkies van die daardie plaag uitbroei. Nuwe swerms voetgangers is reeds by Hopetown, Carnarvon, Hanover, Britstown, Victoria-Wes, Pofadder, Aggeneys, Springbok en Upington opgemerk.
Mnr. Riaan Badenhorst, sprinkaanbeampte van die Departement van Landbou in Hopetown, waarsku dat boere en die publiek alle swerms dadelik moet aanmeld. "Mense besef nie watter skade die sprinkane kan aanrig nie."
Mense wat sprinkane wil aanmeld, kan die Departement van Landbou in Upington bel by tel. 054 334 0171, en in De Aar by tel. 053 631 3621.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 13 Maart 2009.
6 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24