|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Kaapse natuurbewaringsvereniging CapeNature sal meer bereik om saam met boere te werk om die probleem met roofdiere op te los as teen hulle.
Mnr. Geoff Kingwill, voorsitter van Cape Wools, het op Caledon gesê hy is ongelukkig dat CapeNature dit so moeilik moontlik vir boere maak om hul vee op hul eie grond teen probleemdiere te beskerm. Kingwill het sterk beswaar gemaak teen CapeNature se permitstelsel wat dit moeilik vir 'n kleinveeboer maak om kop bo water te hou.
Mnr. Petrus de Wet, nasionale voorsitter van die NWKV en voorsitter van die nasionale probleemdierforum, sê dit is 'n voorrangsaak dat 'n eenvormige beleid jeens die bestryding van roofdiere in al nege provinsies ingestel moet word. Die kleinveebedryf in Suid-Afrika is meer as R9 miljard werd, terwyl die wildbedryf, wat ook reuse skade ly weens probleemdiere, na raming meer as R4 miljard werd is. Die kleinveebedryf verloor jaarliks R1,1 miljard weens probleemdiere.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 27 Maart 2009.
23 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24