|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Uitsprake van regeringskant dat boere grondhervorming vertraag, is uitdagend en ondermyn die vreedsame proses van grondverdeling ingevolge markgedrewe norme, sê mnr. Willie Lewies, ondervoorsitter van die TLU SA.
Volgens hom is die probleem die feit dat grondeisekommissarisse nie hul werk reg doen nie, maar eerder boere in die beskuldigdebank plaas.
In reaksie op 'n TV-program waartydens mnr. Tozi Gwanya, hoofgrondeisekommissaris, weer die skuld vir hoë grondpryse op boere plaas, sê Lewies Gwanya vermy die werklike redes vir die vertraging.
"Hulle (die Departement van Grondsake en grondeisekommissarisse) verwag dat die boer sy grond, huis en beroep net eenvoudig verniet moet weggee.
"Die TLU SA probeer al sedert 1994 met samesprekinge en hofsake om inspraak te kry om die proses te bespoedig en af te handel.
"Die departement se weiering tot inspraak en onbillike optredes deur die grondeisekommissarisse belemmer nie net die kommersiële landbou nie, maar verlam die produksie op plase."
Lewies sê Gwanya moet 'n totale oorsig oor die probleem erken as hy wil hê die kommersiële landbou moet voortgaan en nie bloot boere die skuld gee nie.
17 Junie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24