|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Daar is 'n verband tussen toegang tot water as 'n hulpbron en 'n land se ekonomiese groei. Daarom kan ieder en elk in die land verwag dat die Regering groter gaan fokus op doeltreffende waterverbruik.
Me. Lindiwe Hendricks, nuwe Minister van Waterwese en Bosbou, het verlede week in Pretoria gesê haar departement sal sy taak uitvoer om toegang tot water en veilige sanitasie aan meer landsburgers te verskaf, maar dat hy ook aan transformasie van waterregte sal aandag gee.
Hendricks is pas 90 dae in haar nuwe pos ná sy voorheen die Minister van Minerale en Energie was. Sy sê die land word internasionaal geprys vir sy goeie beleidsraamwerk vir water.
Volgens haar is die uitdaging vir die landbou ook groter doeltreffendheid, veral omdat die landbou die grootste verbruiker van water is. Sy sê sy het 'n goeie verhouding met die georganiseerde landbou en die fokus van die departement gaan wees om te sorg dat opkomende boere toegang tot waterregte het.
Me. Barbara Schreiner, adjunk-direkteurgeneraal vir beleid en regulering, het aan Landbouweekblad gesê net soos met grondhervorming, gaan daar 'n oordrag van water-verbruikregte wees vanaf kommersiële boere na nuut gevestigde en opkomende boere. "Boere moet verstaan dat daar nie meer water is wat ons kan toeken nie. Ons sal eerder die waterregte moet hertoeken. Boere moet dit ook oorweeg om water wat hulle glad nie gebruik nie, vir hertoekenning beskikbaar te stel."
Sy sê terselfdertyd gaan die Regering hom op die monitering en aansporing (deur die insentiewe te verskaf) van waterverbruik onder boere toespits. "Die landbou is die grootste verbruiker van water en die uitdaging vir groter doeltreffendheid is enorm. Dis beslis 'n area waarop ons groter sal fokus."
Schreiner sê nog geen werk is gedoen oor moontlike aansporings vir boere nie. Sy het wel gesê op die onlangse internasionale water-simposium in Stockholm, Swede, het 'n afgevaardigde van 'n ander land genoem hulle verminder die koste vir water vir boere wat besproeiing verander van spilpunte na drupbesproeiing. Sy sê belastingtoegewegins word ook in ander lande gebruik om boere aan te spoor.
15 September 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24