Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Sterk-rand-laer-rente-sal-bly

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sterk rand, laer rente sal bly

 
JOHAN COETSEE

Boere sal moet aanpas by 'n sterker rand, want dit is onwaarskynlik dat dié geldeenheid in die afsienbare tyd so drasties soos in 2001sal verswak.


Mnr. Francois van Wyk, 'n makelaar van Sanlam, het op 'n inligtingsdag van die Inmaakvrugteprodusente-vereniging (IPV) en die Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD) op Stellenbosch gesê die Regering wil nie die rand onder die vlak van R6 per Amerikaanse dollar sien nie. Hy meen boere moet nie hul rentekoerse vaspen nie. Dit is onwaarskynlik dat rentekoerse maklik weer soos in 2002 sal styg solank as wat die Suid-Afrikaanse inflasiekoers hoër is as dié van Amerika.


Die wêreldekonomie (met Amerika as leier) groei teen 3 % tot 4 % per jaar. Suid-Afrika volg dié neiging met 'n groeikoers van 2 % tot 3 %.


Van Wyk het gesê verbruikers beleef goeie tye met laer rentekoerse en 'n sterk rand. "Die rentekoers kan selfs verder daal. Die verwagting is dat die ekonomie in die volgende jaar sal aanhou groei soos nou."


Van Wyk meen politieke inmenging het waarskynlik daartoe gelei dat die rand taamlik verswak het kort ná die aankondiging van 'n verlaging met 'n halwe persent in die rentekoers in Augustus. "Mnr. (Tito) Mboweni (voorsitter van die Reserwebank) wil graag eendag president van die land word en toe die massas by hom betoog oor die sterk rand, verswak die geldeenheid letterlik oornag."


Desondanks meen Van Wyk die rand sal in 2005 waarskynlik heelwat nader aan R8 per dollar sal wees. Dit is egter moeilik is om die rand se gedrag te voorspel in 'n tyd soos dié waartydens die land heelwat strukturele veranderinge beleef.


Hy meen die rand sal in die toekoms minder onstabiel wees en nie weer naastenby tot sulke lae vlakke teenoor ander geldeenhede daal nie. "Die rentekoers gaan in die volgende tien jaar in die algemeen laer wees as dié van die vorige tien jaar. Die hoë rentekoers van die verlede was die regstreekse gevolg van wegholinflasie wat in die 1970's met die oliekrisis begin het en vir twee en 'n half dekades daarna hande uitgeruk het."


Van Wyk het boere gemaan om by 'n sterker rand en laer rentekoerse aan te pas, want dit gaan die norm wees. Pres. Thabo Mbeki wil werk skep in sy laaste termyn om sodanig onthou te word. Die ANC het 'n puik monetêre plan waarin ekonomiese groei gestimuleer word. Dit lei tot meer projekte, wat weer op hul beurt werksgeleenthede skep.


Wat die huidige hoë olieprys betref, is dit steeds in reële terme laer as in 1979. Die olieprys behoort in die volgende ses maande te daal tot hoog in die $30 per vat.


Ten opsigte van die waarde van grond, meen Van Wyk dit sal voortaan waarskynlik slegs die waarde hê van wat daarop geproduseer kan word. Dit sal dus nie meer die beleggingswaarde van die verlede hê nie.

27 Augustus 2004

0
 
 
  • 1659 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Trekkerverkope steeds stram
  • Statistiek oor plaasaanvalle
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction