Slegs 25 % van die land se wit bevolking dink die Regering se grondhervormingsprogram is op die regte pad. In teenstelling hiermee, glo 68 % van die swart mense dat grondhervorming in Suid-Afrika reg benader word.
In 'n opname is deur die Research Surveys (RS) markinsigtemaatskappy blyk dit die minste ooreenstemming met die manier waarop grondhervorming geskied, is in Pretoria waar 48 % van die respondente saamstem daarmee. Bloemfontein het die hoogste graad van ooreenstemming getoon met 76 %.
Amper 'n derde van die mense meen dat Suid-Afrika se grondhervormingsprogram op dieselfde situasie as in Zimbabwe afstuur. Die rede hiervoor blyk omdat die pas van grondhervorming te stadig is. Die meerderheid (43 %) stem egter nie saam nie.
Die opname het gewys dat mense in Pretoria meer bekommerd oor die kwessie in Zimbabwe is teenoor mense in Kaapstad, die Oos-Rand en die Vaaldriehoek/Suid-Rand is.
Of Suid-Afrika die grondhervormingsbeleid van sy Zimbabwiese buurman moet aanneem, blyk die antwoord oorweldigend nee (66 %) te wees.
Die opname is onder 2 000 volwasse Suid-Afrikaners van sewe hoof metropolitaanse gebiede gedoen.
10 Desember 2004