|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Suid-Afrika se suikerrietboere het 'n slegte jaar agter die rug. Hul netto inkomste het die afgelope seisoen met ruim 'n derde gekrimp.
Mnr. Tim Murray, voorsitter van die SA Suikerrietkwekersvereniging, het op dié organisasie se 77ste jaarvergadering by Mount Edgecombe, KwaZulu-Natal, gesê droogte was die oorsaak dat die suikerrietproduksie in 2003/04 met 12,4 % tot 2,4 miljoen ton gedaal het. Die herwinbare waarde van suikerriet het weens die sterk rand met 9 % tot R1 357 per ton verminder.
Inkomste uit uitvoer is deur die sterk rand, hoë vervoerkoste en lae wêreldpryse geraak. Die dalende prys het die inkomste uit die plaaslike mark ook laat krimp.
Die 33 % daling van boere se netto inkomste sluit nie eens die koste in om skuld te delg nie. Dit het veral nuwe boere erg geraak. Die klein boere se inkomste het die afgelope drie seisoene met 'n derde tot 2,2 miljoen ton suikerriet gekrimp - 'n verlies van R170 miljoen per jaar.
Murray het gesê boere kan nie veel aan hul produk se prys doen nie, maar kan poog om doeltreffendheid te verhoog. "Ons sal slegs met die samewerking van ervare en beginnerboere en meulenaars op die voorpunt in 'n mededingende wêreld kan bly," het hy gesê.
23 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24