|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Suikerriet gaan een van die steunpilare van die biobrandstofbedryf in Suid-Afrika wees, sê dr. Frikkie Botha, direkteur van Suid-Afrikaanse Suikernavorsingsinstituut.
Dié gewas se groot voordeel is dat dit nooit 'n misoes het nie. In swak toestande kry 'n boer bloot 'n kleiner oes, maar nooit geen oes nie. Die gewas se stabiele opbrengs kan dus 'n groot rol in die biobrandstofbedryf speel.
Botha sê sowat 75 % van die wêreld se energie kom van fossielbrandstof. Die res moet uit biomassa kom. Suikerriet is tweede op die lys van plante ná olifantsgras waaruit biobrandstof vervaardig kan word. Suikerriet gebruik die minste water van dié twee, wat 'n belangrike oorweging in waterskaars Suid-Afrika is.
Landbouweekblad, 15 Junie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24