|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Produsente moet hul eers van kleinhandelaars se risiko's en kostes vergewis voordat hulle poog om die druk weer opwaarts teen die waardeketting terug te plaas, het me. Lindie Roux, bestuurder: ekonomiese inligting van die Landboubesigheidskamer, gesê.
Mense beweer maklik supermarkte is te sterk, maar hulle moet onthou 'n maatskappy soos De Beers is nie net Suid-Afrika se grootste monopolie nie, maar ook die grootste bydraer tot die ekonomie.
Weens globalisering en deregulering van internasionale markte het Suid-Afrika se supermarkte eintlik min mag, want daar is nou baie ander kleinhandelaars om mee rekening te hou. "Ons supermarkte is ook nie so groot as wat hulle dink nie," het sy gesê. Daarom moet die landbou homself beter posisioneer wanneer daar oor pryse en vereistes onderhandel word.
31 Oktober 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24