|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die skerp verswakking van die rand kan die bokhaarmark 'n hupstoot gee as veilings Dinsdag hervat. Die vooruitsigte vir kleinbokkie- en jong bokhaar is baie goed.
Daar is aanduidings dat die vraag na bokhaar sal verbeter sodra die Chinese nuwe jaar agter die rug is. Dit is die siening van mnr. Deon Saayman, hoofbestuurder van Sybokhaar Suid-Afrika.
Saayman sê die goeie reën wat sedert Desember in die produksiegebied geval het, het egter meebring dat die saadinhoud veral in die oostelike deel 'n redelike probleem kan wees. "Daar sal waarskynlik 'n premie wees vir goeie skoonhaar. Aan die anderkant verseker die goeie veldtoestande ná die reën dat die boere meer haar van hul bokke sal skeer." Hy skat verlede jaar se produksie rondom 3 miljoen kg.
Intussen is daar ook groot belangstelling vir die jaarlikse bokhaardag wat Donderdag op Somerset-Oos gehou gaan word. Benewens 'n bespreking oor die impak van teling op die bokhaarproduksie, sal die wenner van die Japanse Miyuki-trofee vir die bes geklaste somer- en winterskeersel ook bekend gemaak word. Verskeie internasionale besoekers sal die dag bywoon wat met 'n vertoning van die jongste bokhaarmodes afgesluit word.
Landbouweekblad, 22 Februarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24