Swakker rand help die wolmark

 

'n Swakker rand en goeie vraag van vetwoluitvoerders het die mark verlede week 'n hupstoot gegee en Cape Wools se markaanwyser het met 1,3 % tot R28,16/kg verbeter.

Die rand het op laer vlakke teenoor die belangrikste geldeenhede verhandel as op die vorige veiling, wat die mark ondersteun het. Die rand was 2,5 % laer teenoor die Amerikaanse dollar.

Die vetwoluitvoerders het die veiling oorheers met Modiano wat 2 495 bale van die totale aanbod van 8 403 bale gekoop het. Die verkooppersentasie was 93.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir goeie lang Merino-vagwol (spinners- en

goeie kambolsoorte, 75 mm tot 95 mm) was soos volg: 19 mikron verstewig met 4,1 %

tot R46,59/kg, 20 mikron daal met 2,5 % tot R41,39/kg, 21 mikron was 1,5 %

hoër op R39,10/kg, 22 mikron verswak met 0,7 % tot R36,51/kg, 23 mikron daal

met 2,3 % tot R33,85/kg, 24 mikron was 1,1 % duurder op R33,17/kg en 25 mikron

sluit 0,2 % laer op R31,05/kg.

Sowat 8 000 bale sal op vandeesweek se veiling aangebied word.

3 Desember 2004

0