|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Vooruitsigte vir ongunstige weer in die Wes-Kaap kan dalk koringpryse ondersteun. Koringboere is tans besig om te plant en die weer speel 'n belangrike rol.
Mnr. Pieter van Schalkwyk, handelaar by UT Grain Management in Johannesburg, sê hoewel gunstige reën verlede maand in die Wes-Kaap geval het, lyk die voorspellings vir reën oor die koringgebied nie so belowend nie. Hy sê sy tegniese siening vir pryse is tans gunstig.
Die Oesskattingskomitee het bekend gemaak 'n totale koringoes van 1,905 miljoen ton van sowat 805 000 ha is gelewer. Die land is 'n netto-invoerder van koring en Van Schalkwyk sê die kumulatiewe invoersyfer is tans 570 000 ton, maar sal in die volle seisoen waarskynlik sowat 920 000 ton wees.
19 Mei 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24