|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Met minder as twee weke oor voor BKB se aanbod sluit om aandele met die oog op swart bemagtiging op te koop, was daar reeds goeie reaksie.
Mnr. Wolf Edmayr, besturende direkteur van dié maatskappy, sê hoewel hy nie 'n juiste syfer het van die aantal aandele wat reeds vir die doel aangebied is nie, is die reaksie tot dusver oorwegend gunstig. Daar is egter aandeelhouers wat aangedui het dat hulle nie in die aanbod belang stel nie.
Die direksie van BKB het onlangs besluit om 20 % van sy onderneming in die hande van verskeie swart ekonomiese bemagtigingsvennote (waaronder die BKB Ciskei- en Transkei-trust en Arch Equity Beperk) te vestig. 'n Vierde vennoot in 'n gebied wat nog bepaal sal word, sal later aangewys word.
Die een aanbod geld waar aandeelhouers meer as 100 aandele besit en die ander is vir mense met minder as 100 aandele. In albei gevalle bied BKB R8 per aandeel aan. Die maatskappy het nagenoeg 16 700 aandeelhouers waarvan sowat 11 000 minder as 100 aandele per persoon hou.
Edmayr sê as diegene met minder as 100 aandele nie reageer nie, sal BKB deur hul stilswye aanvaar dat hulle bereid is om hul aandele te verkoop. Wat die SEB-aanbod betref, moet aandeelhouers BKB ook skriftelik verwittig aangaande die persentasie aandele wat hulle bereid is om te verkoop, indien enige.
Die aanbod sluit op Donderdag 31 Maart om 12:00. Die uitslag sal op Vrydag, 1 April, bekend gemaak word. Aandeelhouers wat aandele aanbied, hoef nie seëlreg daarop te betaal nie. Hul tjeks sal teen 15 April gepos word.
Navrae: Me Johannette Oosthuizen, tel. 041 503 3060 of PSG Capital, tel. 021 887 9602.
18 Maart 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24