|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die TLU SA se Noordstreek daag die ANC uit om 'n "kopskuif weg van die pre-1994 struktuur" van streekdiensterade te maak wat nou in die vorm van distriksmunisipaliteite voortgesit word.
"Dit is nodig om indringend te kyk of distriksmunisipaliteite werklik nodig is. Sulke munisipaliteite is ver verwyder van belastingbetalers, totaal ondoeltreffend en vervul geen unieke funksie nie," het mnr. Dries Joubert, voorsitter, in 'n verklaring gesê.
Hy het die munisipaliteit Makhado as verwysing gebruik wat water, die riooldiens en die brandweer aan die distriksmunisipaliteit Vhembe oorgedra het, maar steeds dié funksies verrig omdat Vhembe "totaal onbevoeg is om die werk te doen".
Joubert sê na aanleiding van gerugte dat die huidige streekdiensteraad-heffings met nuwe belasting vervang gaan word, het dit tyd geword om "nuut na die doolhof van belastings in Suid-Afrika te kyk".
"Dit is totaal onsinnig om die voortsetting van die rade in 'n lomp, ondoeltreffende struktuur te vervat met geen bestaansreg nie."
Die groot bedrae geld wat vir die instandhouding van sulke strukture begroot word, kan eerder vir opheffingswerk gebruik word, sê hy.
30 September 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24