|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Kommer en probleme oor grondeise sal as 'n saak van dringendheid tussen die Adjunkminister van Landbou, mnr. Dirk du Toit, en die TLU SA bespreek word.
Dit volg op 'n vergadering verlede maand tussen lede van die TLU SA se bestuur en die Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, en Du Toit oor sekere probleme in landbou. Veral grondeise en die manier waarop dit gehanteer word, is bespreek.
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA se tak in die noorde, sê die TLU SA het op die vergadering weer beklemtoon dat hy nie in beginsel teen grondverdeling gekant is nie, maar dat die proses reg bestuur moet word.
Dié organisasie se eiendomsregkomitee sal die komende gesprek met Du Toit lei.
Joubert het is ingenome met die verloop van die vergadering en sê 'n opvolg gesprek oor sake wat 'n invloed op die ekonomiese voortbestaan van boere het, sal binne die volgende twee maande plaasvind.
Hy sê die TLU SA se tak in die noorde bly saam met die hoofkantoor verbind tot sinvolle samesprekinge met die Regering en hoop dat soortgelyke gesprekke uitgebrei sal word op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak.
8 Julie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24