Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Toegang-tot-plase-komitee-gelig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Toegang tot plase in komitee gelig

 
MALIXOLE GWATYU

Demokrasie maak 'nie plaasdeure' oop

Ná tien jaar van demokrasie is beperkte toegang tot plase nog 'n probleem wat deur die Departement van Landbou en die Departement van Grondsake onder die vergrootglas geplaas moet word, sê mnr. Tshepiso Ramphele, ANC-LP van die Noordwes.

Hy het voor die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake beweer dat sommige plaaswerkers dit selfs moeilik vind om gratis dienste van die Regering te benut omdat toegang tot plase 'n faktor is.

"Daar is skreiende verskille tussen plaaswerkers in ontwikkelde lande en werkers op Suid-Afrikaanse plase. In eersgenoemde geval is dit dikwels vreemdelinge wat op plase werk en in ons geval is dit gebore Suid-Afrikaners, wat soos vreemdelinge in hul eie land behandel word," het hy gesê.

Mnr. Marc Wegerif, programbestuurder vir beleid en navorsing van die Nkuzi-ontwikkellingsvereniging, sê toegang tot plase 'is in 'n mate' 'n probleem.

"Daar is geen twyfel dat daar probleme is nie, maar dit berus by (regerings)amptenare om dit aan te pak," het hy gesê. Volgens hom is amptenare deel van die probleem weens hul benadering tot plase. "Uit 'n wetlike oogpunt het plaaseienaars die reg om toegang tot hul eiendom te beheer, maar uit 'n morele perspektief kan hulle byvoorbeeld nie mense weier om grafte of familielede te besoek nie."

Mnr. Theo de Jager, ondervoorsitter van die nasionale Agri Grondforum, het in reaksie gesê vrye toegang tot plase skep 'n groot probleem. "Uit 'n vrugteboer se oogpunt kan ek sê ons het al tot 25 % se verlies weens diefstal gely deur net mense voor die voet op jou plaas toe te laat. 'n Mens wil tog weet wie op jou plaas is. Wat regeringsamptenare betref, verg dit net om te bel en die besonderhede van die voertuig waarin hulle kom, te gee," het hy gesê.

Volgens hom word plase soms met ander motiewe besoek, waartydens vakbondleiers ook onder valse voorwendsels toegang wil hê. "Daar is genoeg toegang tot plase vir die Regering en die deure van die georganiseerde landbou staan oop as hulle probleme bevind," het hy gesê.

30 September 2005

0
 
 
  • 2813 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Jagters help gemeenskap
  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction