|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Vanweë die mildelike 2008/9 seisoen is gras lank en meer veldbrande as gewoonlik kan verwag word. Boere moet sorg dat hulle gereed is daavoor en dat hul voorbrande reg is, waarsku die TLU SA.
Volgens mnr. Philippie de Beer, voorsitter van die Potgietersrus Distrik landbou-unie (DLU) is die eerste groot brand van die seisoen verlede week by Roedtan in Limpopo betyds gekeer toe boere met vyf vuurvegters binne 20 minute ná 'n nood-sms op die toneel opgedaag het.
Hy sê goeie kommunikasie is in sulke sitasies uiters noodsaaklik.
'n Frats-haelstorm het die gebied die dag daarná op 8 Mei getref en veral by Crecy groot skade aan gesaaides en droë bone aangerig.
Op een plaas is sowat R50 000 se skade aan tamaties berokken en op 'n ander plaas is die totale sonneblom-, koring- en soja-oes verwoes.
Hael het ook skade by Sterkrivier aangerig waar gesaaides platgeslaan en tabakplante beskadig is.
In Mokopane het 'n 20cm laag hael op paaie gelê.
Haelskade is ook in die Vivo/Dendron/Mara-gebied op aartappels aangemeld, maar veral fabriekstamaties en babagroente het kwaai deurgeloop. 'n Spilpunt hier is ook omgewaai deur sterk wind.
15 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24