|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Mededingingstribunaal besluit
op Woensdag, 20 Mei, of die boete
van R188 miljoen vir Sasol Nitro
se aandeel in samespanning
in die kunsmisbedryf regverdig
is.
Dié saak handel oor beweerde
samespanning tussen Sasol,
Omnia en Yara in die verskaffing
van stikstofkunsmis.
Sasol
Nitro, deel van petroleumreus
Sasol se chemiese bedrywighede,
het 'n skikkingsooreenkoms
met die Mededingingskommissie
in dié verband bereik.
Die
maatskappy het blykbaar ooreenkomste
met Omnia en Yara
aangegaan wat daartoe gelei het
dat Sasol die belangrikste verskaffer
van kalkprodukte aan
verskaffers van grootmaatprodukte
geword het.
Verder het Sasol erken hy het
'n invoerbeplanningskomitee,
'n uitvoerklub en 'n stikstofbalanskomitee
gestig en daaraan
deelgeneem. Produkte is ook onderling
deur mededingers uitgeruil
en versprei in pogings
om verkoopsmikpunte te behaal.
'n Saak oor die beweerde misbruik
van Sasol se oorheersende
posisie in die mark word onafhanklik
vervolg. Sasol het sy volle
samewerking aan die kommissie
beloof om Omnia en Yara
in die Nutri Flo-saak
te vervolg.
18 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24