|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Middelburg Kollege se tuinboukundesentrum het nog nie vanjaar 'n enkele student opgelei nie. Die sentrum is met die hulp van die Departement van Onderwys ten hoë koste opgerig.
Die sentrum bied kursusse aan wat aspirant-boere oplei om groente-, vrugte- en selfs moetie-tuine vir private gebruik of om 'n inkomste te verdien te vestig en bestuur. Mnr. Dan Mohlamonyane van die Nkangala FET Kollege - waaronder die Middelburg Kollege val - sê die verkeerde benadering tot bemarking het tot gevolg gehad dat geen studente ingeskryf het nie.
Die sentrum is deur die Agri Seta gekrediteer. Mohlamonyane sê dat projekte om studente te lok geloods is. Mnr. Anthony Benadie, die DA se leier in Mpumalanga, meen dié stand van sake "weerspieël die Regering se valk van belangstelling in landboutransformasie in die provinsie".
Mnr. Fred Trumplemann, 'n opleier by die sentrum, sê dat mense deesdae moet leer hoe om voedsel op 'n doeltreffende manier vir hulleself en ander te voorsien.
Bron:
Beeld
17 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24