|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Om te dop of nie te dop nie. Studente in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria word nou verplig om hulle met bier besig te hou as hulle hul praktiese kursus wil slaag.
SAB het R31 000 aan die universiteit beskikbaar gestel vir 'n mikro-brouery wat in die praktiese kursus vir voorgraadse studente in chemiese ingenieurswese gebruik sal word. Dié gerief skakel by die departement se uitbreiding op die gebied van biochemiese ingenieurswese in.
Die aanleg is deur prof. Mike Heydenrych, mede-professor in dié departement, en mnre. Malcolm du Toit, senior handelsbrouer van SAB, en Moritz Kallmeyer, eienaar van Drayman-brouery in Silverton, Pretoria, ontwerp.
Volgens Heydenrych sal die laboratorium ook vir navorsingsprojekte gebruik word.
3 Junie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24