|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisprodusente (Nerpo) het op sy jaarvergadering die stigting van twee nuwe maatskappye een vir die vervaardiging van veevoer en een vir dieregesondheidsmiddels bekend gemaak.
Die veevoermaatskappy, Nerpo Animal Feeds, is 'n gesamentlike onderneming tussen Nerpo se beleggingsmaatskappy wat 51 % aandele sal hou, Wes-Enterprises, 'n voermaatskappy van Thabazimbi met 25 % aandele, en F & M Consulting met 24 % aandele.
Wes-Enterprises vervaardig veral voer vir die wildbedryf uit inheemse bos, soos sekelbos en akasia. Die veevoer sal inheemse bosssoorte as basis vir die voer hê. Mnr. Derek Willats, 'n direkteur van die onderneming, sê die voer het 'n ten volle organiese en natuurlike basis en die gehalte het alle verwagtinge en laboratoriumtoetse oortref.
"Dit het die bykomende voordeel dat ons gebiede ontbos waar bosverdigting die drakrag van die grond benadeel."
Die ander maatskappy, bekend as Elangeni Dieregesondheid, is 'n gesamentlike onderneming tussen Nerpo met 60 % aandele, Virbac met 20 % aandele en 'n bemagtigingsgroep van die Oos-Kaap, Simunye Animal Health and Production, met nog 20 % aandele.
Virbac sal die gesondheidsmiddels verskaf wat onder die handelsnaam, Langa, bemark sal word en ook vir vyf jaar opleiding verskaf om die maatskappy te bestuur.
Mnr. Reg Khaka, besturende direkteur van Elangeni, sê die onderneming sal hom op die ontwikkelende landbou toespits deur opleiding oor dieregesondheid te verskaf, medisyne in grootte verpakkings beskikbaar te stel wat boere wil hê en produkte en steun tot op plase te verskaf.
8 Oktober 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24