Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Vaalharts-eise-teen-senwes-toegestaan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vaalharts-eise teen Senwes toegestaan

 
MARLEEN SMITH

Twee boerderye van die Vaalharts-besproeiingskema in die Noord-Kaap se eise teen Senwes vir verlore koöperasie-ledegeld is in 'n toetssaak in die hooggeregshof in Kimberley toegestaan.

Regter Steven Majiedt se lywige uitspraak van 84 bladsye ten gunste van mnr. Charles Engelbrecht en die beslote korporasie Jan van Heerden & Seuns open die deur vir nog sowat 160 soortgelyke eise teen Senwes.

Volgens mnr. Roelof Britz, 'n regsverteenwoordiger, is dié dagvaardings reeds uitgereik. Dit verteenwoordig eise van sowat R16 miljoen sonder rente, het Britz gesê.

Die hooggeregshof het Senwes in die toetssaak beveel om onderskeidelik R251 218 en R321 966 aan die Van Heerden-BK en Engelbrecht terug te betaal, asook rente teen 15,5 %. Dit is in ruil vir Senwes- en Senwesbel-aandele wat hulle destyds ontvang het.

Senwes moet voorts die eisers se regskoste betaal, wat die tariewe van twee advokate en drie kundige getuies insluit.

Majiedt se uitspraak volg op 'n uitgerekte hofstryd van etlike jare.

Die boere se eise spruit uit Senwes, tóé nog Sentraalwes-koöperasie, se oorname van die Vaalharts-koöperasie nege jaar gelede. Dit was 'n reddingsboei vir Vaalharts, wat onder ernstige finansiële druk verkeer het.

Die direksie van Vaalharts het eenparig aanbeveel dat hul lede die Sentraalwes-aanbod aanvaar.

As deel van die oorname-reëlings is die lede van Vaalharts gevra om hul ledebelang van R50,5 miljoen in die koöperasie se heffingsfonds in ruil vir aandele in Senwes en Senwesbel op te gee. Die Senwes-aandele is teen R4,50 elk aan hulle oorgedra, en die Senwesbel-aandele teen R6 elk.

Lede van Vaalharts wat nie die aandele-opsie gekies het nie, se ledebelang is uitbetaal.

Voorts het Sentraalwes onderneem om in 'n maatskappy om te skakel, soos wel gebeur het, en mettertyd op die Johannesburgse Effektebeurs te noteer, wat nog nie gerealiseer het nie. Vaalharts het wel opgehou om as koöperasie te funksioneer, maar is nooit as sulks gederegistreer nie.

Majiedt het in die toetssaak-uitspraak bevind dat Senwes se aandele nooit teen R4,50 verhandel het nie. Die verweerders het dus nie, soos ooreengekom, gepresteer nie, en tussen R42 miljoen en R60 miljoen is ongeregverdig (stet) aan Senwes oorgedra.

Volgens getuienis deur 'n waardeerder sou daar 'n tekort van R8,9 miljoen gewees het, wat van die ledebelange afgetrek moet word. Vir terugbetaling van individuele ledegeld moet 'n verrekening van 82c vir elke rand dus gemaak word.

Majiedt het in sy uitspraak op getuienis gewys wat gelui het dat in onderhandelings vóór die oorname uitdruklik beklemtoon is dat ledegeld beskerm moes word.

Die regter het ook die oorname-reëlings tussen Vaalharts en Senwes nietig verklaar omdat dit nooit deur 'n hof goedgekeur is nie, soos deur die Koöperasiewet vereis. Lede se destydse bedankings en magtigings aan Vaalharts, onder meer wat die heffingsfonds betref, het dus geen regskrag meer nie.

Majiedt het in sy uitspraak bygevoeg dat die eisers nie ingeligte kopers van Senwes- en Senwesbel-aandele was nie, onder meer omdat hulle nie behoorlik ingelig en van kundige raad voorsien is nie. Hulle het hul bloot op Vaalharts se direkteure se leiding verlaat.

Senwes het in reaksie gesê hy bestudeer nog die uitspraak, maar sal waarskynlik daarteen appelleer.

2 September 2005

0
 
 
  • 2134 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Begroting: Grond kry voorkeur
  • Kostestygings gaan boere knou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction