|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Stygende koste laat varkboere wêreldwyd die afgelope klompie maande klippe kou. Vleispryse sal moet styg om boere
in produksie te hou, was die algemene konsensus van sprekers op die varkkomitee se vergadering op die Wêreldvleiskongres
in Kaapstad.
Die vraag na varkvleis groei egter dramaties. Mnr. Richard Brown van die Gira-navorsingsgroep in Brittanje, sê die varkvleisbedryf is 65% groter as die beesvleisbedryf en sal tot 2015 minstens 2,5 keer vinniger groei. Dié groei word net deur hoendervleis geklop.
Varkvleis is die goedkoopste proteïenbron, dit is bekend as 'n gesonde vleis en maklik om te gebruik. Die ekonomiese groei sal dié vleis net gedeeltelik bevoordeel omdat dit nie in alle ontwikkelende lande gewild is nie.
Ondanks godsdienstige beperkings sal die vleis sy voorste plek in die wêreld behou en word verwag dat verbruik in die volgende tien jaar sal groei.
Landbouweekblad, 19 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24