|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Groot pryse kan vanjaar wéér gewen word in die kompetisies waarin Landbouweekblad en Breedplan se Teler, Melkboer en Koeigroep van die Jaar, asook Voermol se Bees- en Skaapboer van die Jaar, aangewys word. Drie oorsese reise en kontantpryse is op die spel.
Dr. Michael Bradfield van Breedplan SA sê Landbouweekblad en Breedplan se Teler van die Jaar wen 'n oorsese reis ter waarde van R30 000 en diegene wat tweede en derde kom, kry onderskeidelik R15 000 en R10 000. Die Melkboer van die Jaar wen R10 000.
Voermol se Bees- en Skaapboer van die Jaar wen ook elkeen 'n oorsese reis en die naaswenners deel pryse ter waarde van R30 000.
Daar word beoog om foto's met 'n kort beskrywing van al die wenners in 'n bylae in Landbouweekblad te publiseer.
Inskrywings vir die kompetisies sluit op 29 Augustus en is alle telers van alle rasse kan deelneem. Die inskrywings word deur die departement diereteelt aan die Universiteit van die Vrystaat beoordeel.
Alle boere (stoet en kommersieel) in Suid-Afrika kan aan Voermol se kompetisies deeleneem. Streekswenners word aangewys waaruit die nasionale wenners gekies word. Die plaasbesoeke en beoordeling word deur prof. Johan Greyling van die Universiteit van die Vrystaat gedoen.
Die Landbouweekblad/Breedplan-kompetisie word deur Pick 'n Pay, Bayer en Eerste Nasionale Bank geborg en die pryse van al dié kompetisies word op 'n gala-geleentheid op 11 November in Bloemfontein uitgedeel.
Inskrywingsvorms is op die internet beskikbaar by www.agribsa.co.za. Navrae kan gerig word aan me. Charmaine Alberts by tel. 051 821 1738, dr. Bradfield by tel. 012 667 5258 of mnr. Hendrik van Pletzen by sel 083 456 3636.
15 Julie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24