|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Veediefstalsindikaat het in die afgelope tyd ernstige skade in Noordwes aangerig en boere is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se onvermoë om die skuldiges aan te keer.
Boere van Amalia, Bloemhof en Schweizer-Reneke het ernstige skade gely. Mnr. Cassie Maree, 'n boer en voorsitter van die plaaslike vee-inligtingsentrum, sê dit pla dat dit lyk asof "geen vordering met veediefstalondersoeke gemaak word nie".
Die SAPD het aan Beeld gesê daar is geen veediefstalsake in die afgelope drie maande in Amalia of Bloemhof aangemeld nie, maar die vee-inligtingsentrum se inligting wys dat 21 sake van Oktober tot Desember verlede jaar by dié polisiekantore aangemeld is. Maree sê nege mense is in verband met die diefstal van altesame 39 bokke, 25 skape en 50 beeste in hegtenis geneem.
Van die vee is ook deur plaaslike boere en die SAPD teruggekry, maar hy meen die mense wat in hegtenis geneem is, is nie die grootkoppe in die betrokke sindikaat nie. "Ons weet wie die sindikaatleiers is. As die polisie werklik ál die inligting gebruik wat hulle het en ons hulp aanvaar, was dié ouens al agter tralies."
Bron:
Beeld
13 Januarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24