Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Verblyfreg-nie-net-boere-se-plig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Verblyfreg 'nie net boere se plig'

 
MALIXOLE GWATYU

Die landbou is die enigste sektor wat verplig word om behuising aan sy werkers te verskaf. Dié onregverdigheid kan nie ongesiens gelaat word nie.

Dit was die algemene siening van boere op 'n beraad met die provinsiale regering, sakelui en burgemeesters op Elsenburg. Die brandpunt van uitsettings het telkens opgeduik.

Die ekonomiese werklikhede waarin die landbou homself bevind, is ook as 'n faktor in die vermindering of afdanking van werknemers geopper.

Boere was veral bekommerd oor die gedurige ongunstige blootstelling wat hulle kry weens ongegronde bewerings van uitsettings.

Mnr. Cobus Dowry, minister van landbou in die Wes-Kaap, is ongelukkig omdat daar telkens van uitsettings gekla word wat soms glad nie die geval is nie.

"Onlangs het almal geskree dat daar uitsettings in die Jonkershoekvallei is, maar by nadere ondersoek was dit nie die geval nie. Dit is ongetwyfeld die Regering se verantwoordelikheid om na behuising te kyk," het hy beklemtoon.

Hy wou weet waarom fabriekeienaars ook nie byvoorbeeld die verantwoordelikheid van behuising, soos boere, opgelê word nie.

Me. Linda Sibeko, burgemeester van die Breederiviervallei, wys daarop dat uitsettings almal raak en die slagoffers op die "stoep van die munisipaliteit" beland.

"Ons almal weet dat die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Esta) leemtes het en dus moet ons mekaar tegemoet kom," het sy gesê.

Sibeko meen daar moet met munisipaliteite onderhandel word vóór mense van plase afgesit word sodat daar voldoende voorbereiding vir hulle getref kan word.

Volgens mnr. Christoff Cloete, voorsitter van Agri Wes-Kaap, is die vereniging se grondwet nie ten gunste van uitsettings nie.

Hy vra dat boere hul verenigings laat weet as iemand 'n plaas moet verlaat sodat die vereniging met die nodige owerhede, soos die munisipaliteite, kan saamwerk.

"Ons wil brûe bou en saamwerk en soek nie opstokery en beskuldigings nie," het hy gesê.

Die Regering is tans besig om die Esta-wet te hersien ná verskeie klagte van politici.

Een van die klagte waarop boere op die beraad fokus het, behels die Regering se maatskaplike toelae-stelsel (AllPay). Volgens produsente het dit glo tot bedrog, dronkenskap en afwesigheid by die werk gelei. Dit is veral kommerwekkend dat werknemers tot twee maande in 'n jaar van die werk af wegbly nadat hul geld betaal is.

'n Verteenwoordiger van die departement van maatskaplike dienste en welsyn het egter hier daarop gewys dat die huidige betaalstelsel hersien word. Mense gaan binnekort met 'n bankkaartstelsel betaal word en hul geld sal op naweke beskikbaar wees.

22 September 2006

0
 
 
  • 1854 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe planne vir landbou kom gou
  • Swart kolle op sole van gevriesde hoenders se pote
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction