Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Verbruikers-deel-nie-laer-vleispryse-meen-boere

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Verbruikers deel nie in laer vleispryse, meen boere

 
THEUNS BOTHA

Hoewel rooivleispryse die afgelope paar maande aansienlik afgeplat het, deel verbruikers nie in die voordeel daarvan nie. Dit is omdat die meeste kleinhandelaars nie die laer pryse aan hul klante deurgee nie. Daar word ook beweer dat verlede jaar die beste nóg vir die kleinhandel was en dat dié sektor vanweë die goeie koopkrag en tekort aan rooivleis as 't ware 'n lisensie gehad het om die prys wat verbruikers betaal, die hoogte in te jaag.

Dít is die siening van produsente en verbruikers by wie Landbouweekblad navraag gedoen het.

Mnr. Garry Moorcroft, eienaar van die Oostelike Provinsie Lewende Hawe Afslaers (OPLA) in Port Elizabeth, sê die prys van skape het die afgelope twee maande skerp gedaal. Waar die produsenteprys in Januarie meer as R30/kg was, is dit nou in sommige gevalle tot so laag as R25/kg. Die prys van skaapvleis aan die haak het van R25/kg tot minder as R19/kg gedaal.

Moorcroft sê die droogte in veral die Noord-Kaap en groot hoeveelhede skaapvleis wat vanaf Namibië die land binnekom, is die belangrikste redes vir die daling.

In die geval van A-graad beesvleis is die prys weer terug by R21/kg nadat dit in Februarie tot R17/kg gedaal het. Die prys van koeie wat in Desember nog teen R19/kg verkoop is, beloop tans net sowat R15,50/kg.

Volgens hom het die prys wat verbruikers vir lamvleis betaal, in Desember tot meer as R50/kg gestyg. "Dit het tot 'n verbruikersweerstand gelei. Die huisvrou kan nie kwalik geneem word as sy eerder hoendervleis, wat teen R15/kg beskikbaar is, kies nie."

Mnr. Rupert Potgieter van CMW op Barkly-Oos sê die feit dat mieliepryse vanjaar so hoog is, is min graanboere vanjaar in die mark vir speenkalwers. Die beste netto prys vir speenkalwers onder 200 kg beloop tans R11,50/kg vergeleke met meer as R15/kg wat in Desember verlede jaar betaal is. Speenkalwers wat meer as 260 kg weeg, se prys het tot minder as R10/kg op die hoef gedaal, terwyl dit vier maande gelede nog so hoog as R13/kg skoon was.

Moorcroft wat Switserland van hoë gehalte beesfilet voorsien, sê hy kan nie voorbly in die vraag daarna nie. Die huidige wisselkoers is relatief gunstig vir die uitvoermark. Hy meen die prys van koeie sal tot in die winter op dieselfde vlak bly, waarna dit weer kan styg. Die lae volume vee wat in voerkrale beskikbaar is, sal verseker dat die huidige prysvlakke vir supergraad beesvleis gehandhaaf sal word, terwyl die prys van lam- en skaapvleis eers sal verbeter wanneer die invoer uit Namibië teen die winter begin afneem, meen hy.

Die berig is aan Shoprite, een van die grootste kleinhandelaars van vleis in die land, vir kommentaar voorgelê. Teen saktyd is nog geen antwoord ontvang nie.

Landbouweekblad, 20 April 2007

0
 
 
  • 2834 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Plase: Herrie oor ‘nasionalisering’ geblus
  • Verblyfreg 'nie net boere se plig'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction