Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Veritas-twee-kelders-blink-uit

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Veritas: Twee kelders blink uit

 

Twee internasionaal-bekende Suid-Afrikaanse wynmakerye het die kollig gedeel by die 2007 Veritas-toekennings. Nederburg en Spier is beide met twee dubbelgoue en vyf goue medaljes bekroon by 'n gala-dinee in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum.

Kort op hul hakke was Bon Courage en Nuy, wat elk met twee dubbelgoue en drie goue medaljes kan spog; sowel as Boplaas en Saronsberg met twee dubbelgoue en een goue elk.

In terme van top medaljes verower deur 'n spesifieke maatskappy, het die wynreus Distell altesaam 6 dubbelgoue en 12 goue medaljes losgeslaan met sy 12 verskillende handelsmerke wat afsonderlik vir Veritas ingeskryf was.

Veritas het vanjaar met 'n ongelooflike 14% gegroei en 'n rekord aantal van 231 méér wyne as verlede jaar is ingeskryf. Uit die totaal van 1 904 wyne is 44 (2%) met dubbelgoud bekroon, 101 met goud (5%), 447 met silwer (23%) en 764 met brons (40%).

Die uitblinkers

Nederburg in die Paarl skitter met twee dubbelgoue medaljes vir die 2005 Nederburg Edelkeur Private Bin Chenin Blanc Edellaatoes en 2004 Nederburg Private Bin R163 Cabernet Sauvignon. Hul wynmaakspan - Razvan Macici (keldermeester), Tariro Masayiti en Wim Truter - het ook vyf goue medaljes losgeslaan.

Spier-wynmakery, wat die laaste paar jaar gereeld op die Veritas-verhoog sy buiging maak, is met dubbelgoud bekroon vir sy 2006 Spier Private Collection Chardonnay en 2005 Sejana Merlot. Keldermeester Frans Smit en senior wynmakers Eleonor Visser en Kobie Viljoen het ook 5 goue medaljes namens die kelder ontvang.

Die vader-en-seun-span van Bon Courage, André en Jacques Bruwer, sit hul segetog van die jongste jare voort met twee dubbelgoue medaljes vir hul 2007 Bon Courage Hillside White Colombar/Chardonnay-versnit en 2006 Bon Courage Pinotage. Hulle het ook drie goue medaljes in die sak.

Nóg 'n bekende gesig op die Veritas-verhoog, Christo Pienaar van Nuy-wynmakery naby Worcester, het beoordelaars met sy 2003 Nuy Wit Muskadel en 1998 Nuy Wit Muskadel (Museumklas) beïndruk - beide is met dubbelgoud vereer. Boonop het dié wynmakery drie goue medaljes ingepalm.

Boplaas Family Vineyards in Calitzdorp en Saronsberg in Tulbagh het elk twee dubbelgoue en een goue toekenning losgeslaan. Dubbelgoud is toegeken vir die Boplaas Tanige Port, en die 2005 Boplaas Oesjaar Port, terwyl Saronsberg met twee Shiraz-wyne dubbelgoues gewen het: 2005 Saronsberg Full Circle Shiraz en 2005 Saronsberg Shiraz.

Ander wynmakery wat twee dubbelgoue medaljes verower het, is Bellingham (DGB), De Grendel Wyne en Uitvlucht Wyne.

Wat prestasies in kategorieë betref, spog Sauvignon Blanc met 7 dubbelgoud in totaal, gevolg deur Merlot (5), Shiraz (5), Pinotage (5), Muskadel (5), Cabernet Sauvignon (4), Chenin Blanc (2), Chardonnay (2), Rooi Versnit (2), Edellaatoes (2), Port (2), Wit Versnit (1), Natuurlike Soet (1), Museumklas Muskadel (1).

Sauvignon Blanc het ook die meeste goue medaljes verower (12), gevolg deur Merlot (11), Cabernet Sauvignon (11), Rooi Versnit (10), Shiraz (9), Pinotage (6), Chenin Blanc (5), Chardonnay (4), Muskadel (4), Méthode Cap Classic (3), Wit Versnit (3), Edellaatoes (3), Semillon (2), Viognier (2), Rosé (2), Museumklas Rooiwyn (2), Port (2), Ander Kultivars (2), Colombar (1), Blanc de Noir (1), Natuurlike Soet (1), Museumklas Witwyn (1), Museumklas Edellaatoes (1), Museumklas Muskadel (1), Dessertwyn (1), Museumklas Port (1).

Witwyne en Wit Muskadel van vyf jaar en ouer en Rooiwyne, Rooi Muskadel en Port van 10 jaar en ouer is vanjaar vir die eerste keer ingeskryf in die kategorie: Museumklas. Wyne in vyf klasse, naamlik Witwyn, Rooiwyn, Edellaatoes, Muskadel, en Port , het in dié nuwe kategorie presteer. 'n Voorvereiste vir inskrywings in kategorie is dat 'n minimum hoeveelheid van 45 liter per wyn beskikbaar moet wees vir verkope.

Die volledige uitslae is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za. Dié webtuiste huisves ook 'n soekfasiliteit wat spesiaal ontwikkel is om Veritas-medaljewenners van die afgelope 15 jaar te lys. Vir die jongste nuus oor Veritas, sowel as interessante onderhoude met die organiseerders, internasionale beoordelaars en top presteerders, besoek die nuwe Veritas kuber-mediakantoor by www.winenews.co.za.

Grootste veritas-proe nog

Altesaam 1 904 wyne is in September by die Nederburg Veilingkompleks in die Paarl beoordeel. Shiraz, met 220 inskrywings, was vir die sesde agtereenvolgende jaar die grootste klas, gevolg deur Sauvignon Blanc (209) en Cabernet Sauvignon (204).

Vanjaar se inskrywings is oor vier dae geëvalueer deur 16 spesialis-panele van sewe beoordelaars elk. 'n Rekord nege internasionale wynkundiges het hulle by meer as 100 plaaslike deskundiges aangesluit om te verseker dat slegs wyne van buitengewone kaliber met Veritas-toekennings bekroon word.

Buitelandse wyne deur gesamentlike plaaslike en internasionale ondernemings (Villiera en Flagstone) is vanjaar vir die eerste keer vir die kompetisie ingeskryf.

14 Oktober 2007

0
 
 
  • 1466 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Graan SA 'staan nie koud oor duur kunsmis'
  • Vlooie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction