Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Vertroue-landbou-al-gunstiger

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vertroue in landbou al gunstiger

 

Vertroue in Suid-Afrikaanse landbou-ondernemings het in die vierde kwartaal van 2006 met 21,77 % toegeneem in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die indeks wat dié neiging aandui en voorheen uitsluitlik deur die Landboubesigheidskamer (LBK) opgestel is, gaan nou met die samewerking van die Industrial Development Corporation (IDC) geskied.

Die indeks sal voortaan bekend staan as die LBK en die IDC se sakevertrouensindeks.

"Die bou en uitleef van netwerke wat tot voordeel is vir die ontwikkeling van 'n mededingende landbou in Suid-Afrika is een van die belangrikste strategieë van die LBK. Daarom is die besondere samewerking met die IDC as eerste stap tot verdere gemeenskaplike inisiatiewe vir ons van groot belang" het dr. Tobias Doyer, hoof uitvoerende beampte van die LBK, gesê.

Volgens mnr. Rian Coetzee, hoof van die IDC se voedsel, drank en landbou-afdeling, beskou sy organisasie die LBK as 'n belangrike, invloedryke en neutrale belanghebbende in die landbou. "Dit is vir die IDC 'n besondere voorreg om op só 'n manier met die LBK geassosieer te word."

Volgens hom word die indeks as 'n belangrike barometer beskou. "Dit meet nie net die vertroue in die landbou nie, maar dit dui ook die honger van ondernemings en entrepreneurs aan om in dié sektor te belê."

Die gunstige neiging in die vierde kwartaal is goeie nuus gesien teen die agtergrond dat die afgelope twee jaar besonders moeilik vir die landbou was, sê Doyer. Dit is die eerste toename in die landbouvertroue sedert die vierde kwartaal van 2004.

Die landbou-ondernemings verwag groei in sewe van die tien faktore wat gebruik word om die indeks op te stel. Hulle verwag groei in hul omset, netto bedryfsinkomste, kapitale investering, markaandeel en uitvoer. Gunstige produkpryse, 'n goeie koring- en vrugte-oes en die verswakking van die rand speel 'n belangrike rol. Algemene landboutoestande lyk ook heelwat beter as verlede jaar as gevolg van goeie reën wat regoor die land geval het.

Die ondernemings verwag dat debiteurevoorsienings vir slegte skuld onveranderd sal bly — ten spyte van die hoë vlak van boerderyskuld en die moontlike styging in die rentekoers. Die enigste ongunstige teken is dat hulle meen dat finansieringskoste kan toeneem.

Landbouweekblad, 15 Desember 2006

0
 
 
  • 1889 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Windkrag in Holland
  • Broeis ringnek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction