Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Verwarring-oor-wet-op-kommunale-grondregte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Verwarring oor wet op kommunale grondregte

 
AMELIA GENIS

Teenstrydige uitsprake oor die inwerkingstelling van die Wet op Kommunale Grondregte (Wet 11 van 2004, ook bekend as CLaRA) veroorsaak onsekerheid en verwarring.

Pres. Thabo Mbeki het in Februarie vanjaar in sy staatsrede gesê een van die uitdagings van die tweede ekonomie wat vanjaar gepak moet word, is om die CLaRA in werking te stel. Dié wet is daarop gemik om die sekerheid van grondbesit aan inwoners van die voormalige tuislande te verseker.

Skaars 'n maand later, in sy voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake, het mnr. Glen Thomas, direkteur-generaal van Grondsake, gesê die wet sal vanaf 1 April toegepas word. Aangesien die wet nuwe regte skep en gebiede in die voormalige tuislande nou ook aangeteken word, sê Thomas die vermoë om grondadministrasie toe te pas, moet so gou moontlik uitgebrei word. " 'n Mens kan met sekerheid sê: CLaRA word reeds toegepas."

Landbouweekblad het in April navraag by die Departement van Grondsake oor die datum van implementering gedoen, maar kon nie 'n antwoord daarop kry nie. Die departement se kommunikasie-afdeling het wel laat weet dat die President opdrag gegee het om die wet vanjaar in werking te stel en dat hul planne daarvoor in 'n "gevorderde stadium van voorbereiding" is.

In hul antwoord aan Landbouweekblad het die departement genoem dat 'n hofsaak hangende is teen sekere bepalings van die wet. Vier landelike gemeenskappe in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes het inderdaad verlede April by die Hooggeregshof aansoek gedoen om die grondwetlikheid van CLaRA te betwis. Dit kan die implementering van die wet vertraag.

In Oktober verlede jaar het die aansoekers uitstel aan die staat toegestaan met dien verstande dat die staat nie die wet sal implementeer totdat die hofverrigtinge afgehandel en die Grondwethof 'n finale uitspraak oor die aangeleentheid gemaak het nie, sê me. Janet Love, nasionale direkteur van die Legal Resources Centre (LRC) wat die gemeenskappe bystaan.

Die gemeenskappe van Kalkfontein en Dixie in Mpumalanga, Makuleke in Limpopo en Makgobistad in Noordwes voer aan dat die verkeerde parlementêre prosedure gevolg is met die bepaling van die wet, dat die wet strydig is met die bepalings vir verblyfsekerheid en geslagsgelykheid in die Handves van Menseregte en dat dit voorsiening maak vir 'n vierde vlak van regering — iets wat nie deur die Grondwet toegelaat word nie. Verder voer hulle aan dat die wet, wat veronderstel is om groter sekerheid oor grondbesit in die kommunale gebiede te gee, eerder groter onsekerheid bring vir byvoorbeeld ongetroude of geskeide vroue.

Die respondente is die Minister van Landbou en Grondsake, die Minister van Provinsiale en Plaaslike Regering, premiers van alle provinsies, die speaker van die volksraad en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.

Hoewel die kommunale gebiede van Suid-Afrika dikwels voorgehou word as modelle van die tragiek van gesamentlike grondbesit, beteken dit nie dat dit bloot afgeskryf kan word nie. Prof. Cherryl Walker, hoof van die departement sosiologie en sosiale antropologie aan die Universiteit Stellenbosch, skryf in die boek The land question in South Africa dat die Grondwet 'n verpligting op die Regering plaas om toe te sien dat grondgebruiksregte vir inwoners van die voormalige Bantoestans verseker word. "In terme van armoedevermindering, is daar selfs 'n sterker saak daarvoor: Sowat 'n derde van Suid-Afrika se bevolking van 45 miljoen mense woon in dié gebiede waar armoede, agterstande in infrastruktuur en dienste en wanadministrasie aan die orde van die dag is."

Ten spyte van die armoede en redelike tot goeie landboupotensiaal in die gebiede, is daar — ironies genoeg — groot stukke grond wat onderbenut word.

Landbouweekblad, 27 April 2007

0
 
 
  • 2464 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Rome-resolusie 'afgewater'
  • Boere ook verantwoordelik vir bewaring
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction