|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die VF Plus gaan me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, vra om te bewys dat boere die restitusieproses vertraag. Sy moet die bewyse dan aan alle belanghebbendes in die landbou openbaar.
Mnr. Pieter Groenewald, dié party se woordvoerder oor landbou en grondsake, daag Xingwana uit om te verseker dat die landbou steeds genoeg voedsel vir eie verbruik asook vir uitvoer sal produseer sodra die besit van landbougrond uiteindelik die land se bevolkingsamestelling weerspieël.
Xingwana het onlangs in die Parlement gesê restitusie in Suid-Afrika "is soos 'n bewegende trein sonder remme of trurat".
Groenewald sê Xingwana se "polities-ideologiese benadering tot grondhervorming is nie net 'radikaal' nie, maar stem ooreen met die benadering wat president Robert Mugabe in Zimbabwe gevolg het".
Hy meen Xingwana se "dreigement" dat die Regering net vir ses maande met grondeienaars gaan onderhandel voor hul grond onteien gaan word, weerspieël die feit dat die staat nie in goeder trou met boere onderhandel nie.
In onlangse voorleggings van die Departement van Grondsake aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou en grondsake, is verskeie redes egter aangevoer waarom grondhervorming telkens sloer.
Mnr. Tozi Gwanya, hoofgrondeisekommissaris, sê daar is wel gevalle waar uitgerekte onderhandelings met grondeienaars voorkom, maar ander faktore, soos die bepaling van grense, twiste onder eisersgroepe en die werkswyse van tradisionele leiers, is kwessies wat grootliks tot uitstaande landelike eise bydra.
Landboubweekblad, 3 Augustus 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24