Video’s

  • Boereplan: Verstelbare sonpaneel

    Deur Jan Bezuidenhout

    Johan Human se sonpaneel kan verstel en draai om die son se strale optimum te benut om batterye mee te laai.

  • Vleisbeeswenners uit Vrystaat

    Deur Johan Norval

    Top-vleisbeesprodusente slaag daarin om hulle teeldoelwitte te behaal, onder meer deur die optimale benutting van die beskikbare hulpbronne en inligtingstelsels. Dit is die geval met die twee Vrystaatse streekwenners wat om die titel van SA Stamboek se Elite-vleisbeesteler van die Jaar meeding.

  • Dié eenman-vuurvegter het spoed!

    Deur Jan Bezuidenhout

    Dr. Paul Bartels se kruiwa-watertenk, wat n mens trek, pleks van stoot. Die operateur se hande is vry om water te spuit. Dis liefs nie vir bergagtige dele nie, maar ideaal om voorbrande mee te maak. Bartels is ʼn dosent by die Tshwane Universiteit van Tegnologie en het ʼn plaas in die distrik Skeerpoort.

  • Maak die lewe vir werkers makliker

    Deur Verslaggewer

    Die Hello-Groep het met eenvoudige produkte vorendag gekom wat dit vir werkers nie net gerieflik sal maak nie, maar ook bekostigbaar maak om geld huis toe te stuur. Meer besonderhede: http://bit.ly/2px17ZS

  • Boereplan: Neem water na die vee toe

    Deur Verslaggewer

    Mnr. Rowan Stretton het ʼn netjiese boereplan geprakseer om water na sy beeste toe aan te ry, pleks daarvan dat die beeste ver moet stap.

  • Plaaskombuis 2 is amper hier!

    Deur Verslaggewer

    Die tweede reeks van Plaaskombuis begin dié Woensdag, 12 April, om 18:30 op Via (DStv kanaal 147).

  • Beskerm só bokke se horings

    Deur Corli van der Merwe

    Mnr. Rubin Els, wat met wild by Thabo Tholo in Limpopo boer, het handige raad vir boere wat hulle bokke se horings teen verweer wil beskerm. Bome en drade is soms verantwoordelik vir skade aan horings. Kyk hier na ‘n video oor die proses wat Els volg.

  • Nuwe werktuig maak bale, draai toe

    Deur Jan Bezuidenhout

    ’n Nuwe baalmasjien kan droë hooi of nat kuilvoer baal én toedraai om dit langer te laat hou. Die McHale Fusion 3 word vanaf Ierland ingevoer en is op die jaarlikse MPO Noord-kuilvoerdag op Lichtenburg gedemonstreer. (Volledige artikel met besonderhede in LBW van 24 Maart 2017) Video: Charl van Rooyen

  • Claire Amm en die Appaloosa

    Deur Johan Norval

    Me. Claire Amm, stigterslid van die Appaloosa-perdetelersgenootskap, het al meer as 20 000 km mededingend te perd afgelê, ook oorsee. Haar bekroonde Alpha-stoetery by Ladybrand lewer al vier dekades kleurryke, veeldoelige perde.
    (Volledige artikel in LBW, 17 Maart 2017)