Cardigan Corgi 'n herdershond


21 September 2012

Die Cardigan Corgi, Brynderi My Mister Knightley, wys dit is nie net skaaphonde wat goeie herdershonde is nie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Adele

2012/09/21 02:16:59 PM

Dis die oulikste hondjie!! Ek soek so ene.


rosemary

2012/09/26 06:50:09 PM

Stel belang in een


fmagricare@gmail.com

2012/10/08 03:25:04 PM

So oulik, wat kos die woefers en hoe verskil hulle van die Border Collies?


skaaphondafrigter

2012/10/25 10:54:48 AM

Border Collies is geteel vir skaapwerk. Baie rasse wat vroeër 'n "doel" gehad het, word glad nie meer vir dié doel gebruik of geteel nie, al word hulle nog in hierdie kategorie geklas. Hulle het dus daardie instink al verloor. Dit is uit hulle geteel. Selfs met Border Collies kry jy lyne wat vir hulle voorkoms (skou) geteel word. (Of heelwat wat net voorplant.) Hulle het nie meer die werks-instink nie. Ons rig skaaphonde af en kry gereeld sulke honde in. Jy kry hulle nie in maande geleer wat jy 'n hond wat spesifiek geselekteer en geteel is vir skaapwerk in weke, selfs dae kan leer nie. 'n Mens kan 'n hond nie instink leer nie. Ons neem glad nie meer sulke honde in nie. Selfde met die Corgi's. Daar is min van hulle wat werklik nog kan bees werk. Selfs as hulle kan (en dalk het Mr Knightly die instink hiervoor) verskil dit wat van hulle verwag word in bees-werk heeltemal van skaap-werk. Hulle is nie geskik vir skaapwerk nie. Hoewel hulle jou dalk kan help om die skape aan die gang te kry omdat die skape hulle vir 'n predatoor aansien, sal hulle nooit die werk van 'n Border Collie of Kelpie kan verrig nie. Kyk gerus na SASDA se webtuiste (South African Sheepdog Association)vir meer inligting. As jy 'n hond soek wat kan skaap werk, stel ek voor jy besoek eers een van die telers by wat SASDA gelys is en kyk wat 'n Border Collie of Kelpie alles kan doen. Vergelyk dit dan met die ander rasse wat hier genoem word voor jy 'n besluit maak. Gaan kyk gerus ook as daar weer 'n skaaphond kompetisie in jou area gehou word. Dit wat by kompetisies getoets word, is 'n goeie aanduiding van wat 'n hond op 'n plaas moet kan verrig. As die Corgi's, Boxers of Rottweilers dit kan doen, sal ek dit graag wil sien.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights