‘n Klein padstal met ‘n groot verskil…

Deur LBW
16 September 2011


Kommentaar

Kommentaar (9) “‘n Klein padstal met ‘n groot verskil…

  1. Krige Richard
    Krige Richard

    Ons droom almal van n dag dat die hele Suid-Afrika so sal wees! Kanada werk baie van die plekke soos ek dit verstaan so!
    10 uit 10 vir die initiatief!

  2. Mercia Buys
    Mercia Buys

    Ai ek hoop uit my hart en my siel uit hierdie padstal werk. Volgens die boek wat ek sien in die video lyk dit asof daar al heelwat eerlike mense daar gekoop het..Mag dit so wees dat die oneerlikes se gewete hulle so pla dat hulle nooit ‘n rustige nag meer sal he nie..Ek glo steel van ‘n ander (en dit van ‘n mens wat soveel vertroue het in die mensdom)en jy sal 10voudig verloor! Mag God sy seen plaas op daardie vrou en haar padstal..

  3. Onbekende besoeker
    Onbekende besoeker

    Baie geluk met so ‘n mooi inisiatief. Mag God julle en elke eerlike persoon wat van hierdie diens gebruik maak, baie ryklik seën en ons pragtige land in Sy naam verenig tot Sy eer allen.

  4. Onbekende besoeker
    Onbekende besoeker

    Lucille,
    Waar is dit? (of mag jy nie se nie?). Ek kan dit amper nie glo nie … moet dit self gaan sien!

  5. Wilhelmien van der Merwe
    Wilhelmien van der Merwe

    Het gisteraand my laaste bietjie perskekonfyt van Santa se padstal geeet. Yummie!

  6. Chris Hamman
    Chris Hamman

    Stop gereeld daar en elke keer kan mens die verassing en ook die ongeloof aanskou van die mense wat saam met jou daar aanland.

    Dit is ‘n vrolike en ligte gevoel wat deur hierdie ervaring ondervind word. Baie DANKIE !!

  7. Kevin van Blerk
    Kevin van Blerk

    Dankie Santa ons het meer mense soos jy nodig in Suid Afrika.

  8. Isak Taljaard van d'Oude Molen Gastehuis in Potchefstroom
    Isak Taljaard van d'Oude Molen Gastehuis in Potchefstroom

    Santa, julle sal ongelooflike sukses ervaar omdat ons ook dieselfde konsep gebruik en weet dit werk.
    Ons bestuur ons gastehuis d` Oude Molen vir `n paar jaar so omdat ons nie self in Potchefstroom bly nie.Wanneer daar groep besprekings is met die behoefte vir ontbyt & aandetes dan ry ons na Potch en my vrou maak die etes.Daar is gewoonlik baie werk/onderhoud wat gedoen moet word omdat dit `n baie ou huis is.Voorheen het ons `n bestuurderes gehad wat nie goed gewerk het nie dus bestuur ons dit nou self.
    Indien gaste voor die hek stop bel hulle en die hek word via selfoon oop gemaak.Die kamer sleutels word in `n pin kode kluis opgehang onder `n afdak dus gee ons die kode en die persoon haal sy kamer sleutel uit en boek dus himself in.Die kode word weekliks verander en daar is `n ander kluis met `n gleuf wat die gaste die geld ingooi die volgende oggend voordat hulle vertrek en met die remote maak hulle self die hek oop as hulle vertrek en gooi die sleutel in die “gans nek”(pyp)Die bediende hang elke oggend al die sleutels weer op & maak volgens my vrou se instruksies die kamers skoon.Ons is wel elke Donderdag & Vrydag daar omdat dit “groot skoonmaak” is vir naweek.
    Ons seun is wel net oorkant die pad in Potch Gimnasium se skool & koshuis en hy besoek elke dag die perseel en rapporteer terug.
    Nog nooit het ons probleme ondervind nie en mense wil graag vertrou word.Ons keur ons kliente dus laat ons nie enige persoon toe nie.Die meeste gaste betaal elektronies vir hulle akkommodasie omdat dit die minste risiko is.
    Dit is ongelooflik die besprekings wat ons kry omdat ek glo die beste advertensie is deur mense wat tevrede is en hulle adverteer vir ons.
    Ek geniet gewoonlik die Gauteng gaste se reaksie wat gewoonlik weer bel en net seker maak niemand het hulle kom “op tjek nie”
    Ons se nie altyd vir die mense ons is 200 km van Potchefstroom af nie.Ons ry ook vir besigheid gereeld na JHB dus is die plek ook `n lekker “halfway house” vir ons.
    Die agt dubbel kamers kan nie altyd aan die navraag voldoen nie dus ondersoek ons die geleentheid.Ons ligging is uitstekend (op die Bult)en by NW Universiteit & Aardklop. Die tariewe is baie billik as ons vergelyk word met die baie akkommodasies wat aangebied word.
    Ek heg `n skakel by wat op facebook geadverteer word of die selfoon nommer kan google word nl.0832976244
    http://www.facebook.com/group.php?gid=190772069047&v=info
    Groete
    d` Oude Molen Gastehuis
    0832976244
    molen@mtnloaded.co.za

  9. L Botha
    L Botha

    Hi julle,
    Dankie vir die wonderlike kommentaar op die video.
    Vir die wat wonder, die padstal is op dir R356-pad tussen Sutherland en Ceres (ek skat so 50 km voor Sutherland). Dit is beslis ‘n belewenis om in daardie mooi wereld te ry en dan op Santa se oase af te kom. Gaan kyk gerus! Ongelukkig is die padstal net in die wintermaande oop – Sante en haar man is trekboere wat in die somer elders woon.
    As jy van nog oulike padstalle of plekkies weet waar ek ‘n draai kan gaan maak, laat weet my gerus! My e-pos-adres is lbotha@landbou.com.
    Groete,
    Lucille Botha


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.